|
|
Creative
Minds® - Welkom
welcomes you
Ons
missie is om elke individu tot bo sy/haar eie verwagtinge
te help ontwikkel, ongeag sy/haar ouderdom, ondervinding of
aansien. Die verskil lê in ons persoonlike aandag aan elke
individu.
|
 |
 |
|
 |
Ons is inderdaad hier net vir jou!
Maandag tot Donderdag 08h00
– 13h00, 14h00 – 20h30
Vrydag 08h00
– 13h00, 14h00 – 16h00
|
OWNER: Adél Ludick Owner / Trainer
|
Tel/Fax:
057 357 6043
Cell:
E-Mail: home.welkom@mindsmail.co.za |
| Creative
Minds® Welkom Stateway 412 Doorn Welkom |
Waar is ons geleë?
Dit is maklik om ons te vind. Vanaf die kloktoring in die middestad,
ry in ‘n oostelike rigting in Stateway. Hou oos by die eerste verkeer
sirkel (DN Smith Jewelers). Creative Minds Welkom is geleë aan die
regter kant op die hoek van die derde kruising – Duiker straat -
met Stateway. Gebruik asseblief die trappe aan die regterkant van
die gebou na ons sentrum op die eerste vloer.
View
our map
Min het ek geweet hoe my lewe sou verander toe my eerste student
in September 1999 by my sentrum instap! Wow! En wat ‘n paadjie om
op terug te kyk na byna ses jaar! Ek het die hoogste hoogtes en
die laagste laagtes beleef in hierdie tyd. En soveel gegroei as
mens. Soveel nuwe vriende gemaak, want ons studente word werklik
ons vriende. En besef dat DIT regtig is wat ek met my lewe wil doen!
In die afgelope 5½ jaar het baie mense van verskillende ouderdomme
deur ons sentrum beweeg. Van skoolverlaters, huisvrouens, dokters,
prokureurs tot senior burgers.
‘n Bewys dat niemand ooit te oud is om te leer nie, is Dr Donald
Frost. Hy is gebore in 1922, was ‘n vlieënier in die Tweede Wêreld
oorlog, en het daarna as tandarts gekwalifiseer in 1948. Dr Frost
woon al in Welkom sedert 1950. Hy speel klavier en die kerkorrel
op gehoor, sing in verskeie kore, het ‘n pragtige “grandfather clock”
met sy eie hande gebou, is mal oor gholf speel (ons skeduleer sy
klasse rondom die gholf spelery) en het toe op die rype ouderdom
van 82 besluit om tegnologie aan te durf! En natuurlik sou geen
ander instansie die geduld en persoonlike aandag van Creative Minds
ewenaar nie! Dr Frost het Windows 1 en Word 1 gedoen, en tans werk
ons aan sy e-mail vaardighede. Ongeloooflik! Ek is so trots om te
sê dat Dr Frost my vriend is. Voorwaar ‘n inspirasie vir ons almal!
By Creative Minds loop ons die paadjie saam met jou. Deur al die
onsekerhede, frustrasies, vrese en probleme tot by daardie AHA oomblik!
(En daarna!) Ons is hier om jou as individu ten volle te ondersteun,
motiveer en bemoedig. Ons maak dit moontlik vir jou om in ‘n stresvrye
omgewing, teen jou eie pas, deel te word van die tegnologie wat
ons lewens omvorm.
Ons diens is ons trots. Daarom skeduleer ons klasse om rondom JOU
behoeftes aan te pas. Ons verstaan dat dinge kan skeefloop, of planne
verander. Ons roem daarop dat ons kursusse aanpas om by elke individu
se unieke behoeftes te pas. Ons ondersteuning strek tot ver verby
die voltooiing van jou kursus, en ons is altyd beskikbaar om hulp
te verleen wanneer daardie “klein dingetjies” verkeerd loop. Ons
het ook klasse beskikbaar na-ure, tot so laat as 20h30, Maandag
tot Donderdag. Hierdie klasse akkommodeer veral werkende kliënte
en besigheids eienaars, sowel as kliënte sover as Bultfontein, Wesselsbron,
Kroonstad en Ventersburg.
|
|