|
Talle
ondernemings in Graaff-Reinet het al baat gevind by Creative
Minds® se unieke rekenaaropleiding. Feitlik die hele personeelkorps
van Camdeboo Meat Processors en die plaaslike Paaiedepartement
is opgelei en die terugvoering wat ontvang word is dat hulle
hul nuwe vaardighede met ywer en entoesiasme gebruik. Dokters,
aptekers, landdroste, prokureurs, sielkundiges, verpleegsters,
onderwysers, boere, winkeliers, boekhouers, tegnici, bankklerke,
‘n tuinier, ma’s en pa’s, kinders, oupas en oumas dek die
breë spektrum van die gemeenskap wat al deur ons opgelei is.
|